
Software Farm se missie is om voortdurend sagteware produkte van uitstaande gehalte te ontwikkel en om die beste diens en ondersteuning aan ons handelaars en kliënte te verskaf.
Die bedrywighede van die maatskappy bestaan uit die ontwikkeling van rekenaarsagteware vir die landboubedryf. Software Farm doen ook die bemarking en verkope van die sagteware, en bied opleiding en ondersteuning aan gebruikers. Ons hulpdiens bied telefoon en e-pos ondersteuning aan al die Software Farm gebruikers.
Software Farm is gedurende 1997 gestig. Die produkte van Software Farm is oor 'n lang tydperk ontwikkel. Properdata wat gedurende 1981 gestig is en Terragon Computing se landbou sagteware is gedurende 1996 saamgevoeg en van daardie stadium is Software Farm se Windows produkte ontwikkel.
Waar daar oorvleueling was, is een produk ontwikkel wat al die funksionaliteite van beide produkte bied. 'n Voorbeeld is SimFini wat ontstaan het uit beide Agrifin en Finvloei.
Software Farm se kantore is geleë in Pretoria vanwaar alle besigheid bedryf word.
Bemarking van die produkte vind plaas deur 'n netwerk van handelaars wat geografies goed versprei is. Software Farm se produkte word ook in verskeie publikasies geadverteer. Van die groter koöperasies tree op as handelaars en bedryf ook diensburo's met Software Farm sagteware.