Terme en Voorwaardes


Ondersteuning

Software Farm (Edms) Bpk. deur wie hierdie program ontwikkel is, het die volgende beleid rondom ondersteuning:

Die program is beskikbaar by ons kantore in Pretoria, of by ons goedgekeurde handelaars. Die verkoop en gekwoteerde prys van hierdie produk sluit nie gratis ondersteuning en opleiding in nie. Enige addisionele kostes vir reis en installering is onderhandelbaar met die handelaar of Software Farm wat die installasie, ondersteuning en opleiding sal doen. Kontak ons asb. vir 'n lys van gekeurde Software Farm handelaars by:

Click hier vir ons kontak inligting

Al die Windows progamme kan van die Web afgelaai word. U eerste lyn van ondersteuning is die Software Farm handelaar wat u program aan u verskaf het. U volgende lyn van ondersteuning sal ons 'Help Desk' in Pretoria wees.

Opleiding

Opleiding, en her-opleiding, is vir u eie rekening. Dit is onderhandelbaar tussen u en die Software Farm handelaar, en word nie deur Software Farm voorgeskryf nie. Software Farm bied ook opleiding te Pretoria aan.

Opgraderings

Software Farm behou hom die reg voor om sonder toestemming of ooreenkoms met gebruiker, veranderings op die program, of op die dokumentasie, aan te bring. Die nuutste weergawe van die program sal altyd op die internet beskikbaar wees. Om die program op te gradeer moet u verpligte jaarlikse lisensiefooi opbetaal wees en u moet op die nuutste weergawe van SimFini, soos op 1 Maart 2010 wees.

Die lisensiefooi bied aan die gebruiker die volgende:

Wat is uitgesluit:

Lisensie Ooreenkoms

Hierdie is 'n wettige kontrak (Ooreenkoms) tussen u, die eindgebruiker en Software Farm (Edms) Bpk.

Nuwe programme vanaf 1 Oktober 2005

Vanaf 1 Oktober 2005 sal die jaarlikse lisensiefooi verpligtend wees met die aankoop van enige nuwe program. Deur die program se registrasiekode aan te vra en die program te registreer verklaar u, u gebonde tot hierdie lisensie ooreenkoms en onderneem u om u te hou by die bepalings hiervan. Indien u NIE met die voorwaardes van hierdie ooreenkoms saamstem nie, stuur asseblief binne 30 dae die program en meegaande dokumentasie terug na Software Farm (Edms) Bpk.

Software Farm (Edms) Bpk. verleen hiermee aan u die reg om hierdie een (1) program met twee (2) datastelle, op een (1) rekenaar te installeer en om die meegaande dokumentasie te gebruik in terme van hierdie ooreenkoms.

U mag die program op 'n netwerk installeer en meer as een datastel gebruik, op voorwaarde dat elke datastel en netwerkpunt geregistreer word by Software Farm (Edms) Bpk. Alle nuwe programme word uitgereik met twee (2) datasdtelle en een (1) netwerkpunt. Vir addisionele datastelle en netwerkpunte is daar ‘n fooi betaalbaar.

Enige persoon wat die program wil gebruik moet sy eie gelisensieerde kopie van die program by Software Farm (Edms) Bpk verkry.

Hierdie is 'n NIE-EKSKLUSIEWE en NIE-OORDRAAGBARE beperkte lisensie.

Kopiereg

Die program en dokumentasie is die eiendom van Software Farm (Edms) Bpk.

U mag die program alleenlik kopieer vir:

  1. Rugsteundoeleindes.
  2. Gebruiksdoeleindes op een (1) hardeskyf, mits u die oorspronklike media hou vir rugsteundoeleindes. U moet die kopiereg-kennisgewing op alle kopieë van die program aanbring.

U mag NIE die dokumentasie kopieer nie.

Software Farm (Edms) Bpk. behou alle regte, belang en eienaarskap van en in die program, kopieë van die program en dokumentasie. Software Farm (Edms) Bpk. behou die reg voor om die program en dokumentasie op te gradeer en te verander sonder enige kennisgewing van enige aard ookal.

Beperkings

U mag nie die program of dokumentasie uitleen, verhuur of versprei nie.

U mag die reg om die program te verkoop aan enige gewillige koper, op voorwaarde dat u die volgende vereistes nakom:

  1. Aan die koper ALLE media en dokumentasie oorhandig.
  2. U ALLE kopieë van die program en dokumentasie van u rekenaar verwyder.
  3. U Software Farm (Edms) Bpk. skriftelik in kennie stel van die naam en adresbesonderhede van die nuwe eienaar.
  4. U moet dit onder die nuwe eienaar se aandag bring dat Software Farm (Edms) Bpk. op geen manier verantwoordelik is vir ondersteuning en opleiding totdat die nuwe eienaar reëlings met Software Farm (Edms) Bpk. getref het nie.
  5. Die nuwe eienaar moet skriftelik 'n getekende kennisgewing aan Software Farm (Edms) Bpk voorsien wat meld dat hy vertroud is met die inhoud van hierdie lisensieooreenkoms en bereid is om homself hierdeur en tot die voorwaardes hiervan te verbind.

Enige afwyking van hierdie voorwaardes sal die transaksie ongeldig maak.

U mag nie die program terugontwerp ("reverse engineer"), dekompileer ("decompile") of dissekteer nie. U mag ook nie die program verander, vertaal of enige ander werke skep op grond van die program of dokumentasie nie. U onderneem om die program en dokumentasie te beskerm teen ongemagtigde publikasie, gebruik, reproduksie en/of verspreiding.

Termyn

Hierdie ooreenkoms is van krag vanaf die datum waarop dit op u rekenaar geïnstalleer is tot en met kansellasie. U mag hierdie ooreenkoms enige tyd kanselleer deur die program te vernietig, asook alle kopieë daarvan, die dokumentasie en enige ander items wat die program mag vergesel.

Hierdie ooreenkoms sal onmiddellik gekanselleer word indien u versuim om te voldoen aan die terme soos uiteengesit in hierdie ooreenkoms. Na sodanige kansellasie moet u dadelik die program en dokumentasie vernietig of terugstuur aan Software Farm (Edms) Bpk sonder vergoeding van enige aard.

Software Farm (Edms) Bpk. behou die reg voor om enige geregtelike of gelykstaande stappe te neem om sy belange te beskerm.

Waarborg

Software Farm (Edms) Bpk. waarborg die korrektheid van die fisiese media (nie die program daarop nie) onder normale gebruik vir dertig (30) dae na ontvangs van die program.

Software Farm (Edms) Bpk. maak GEEN ander waarborge van enige aard ookal, en ontken enige ander waarborge, hetsy direk of geïmpliseer. Die program en dokumentasie word voorsien "soos is" sonder enige waarborge van enige aard.

Software Farm (Edms) Bpk. waarborg nie dat die program sal voldoen aan u vereistes nie, dat die program foutloos sal werk en dat foute in die program reggestel sal word nie. U aanvaar alle verantwoordelikheid met die keuse van die program en dokumentasie om u spesifieke resultate te bereik. Indien die program of dokumentasie oneffektief vir u bewys word, is u, en nie Software Farm (Edms) Bpk. of enige handelaar of agent, verantwoordelik vir die koste vir die versiening en herstel daarvan.

Geen mondelikse of geskrewe inligting of advies gegee deur Software Farm (Edms) Bpk., sy handelaars, verspreiders of agente skep enige waarborg of verbreed hierdie waarborg nie.

Verhaling

Software Farm (Edms) Bpk. se volle verantwoordelikheid, op eie diskresie, is die:

  1. Vervanging van enige disket/CD wat nie aan hierdie waarborg voldoen nie en wat teruggestuur word aan die plek vanwaar dit gekoop is tesame met die aankoopfaktuur.
  2. Terugbetaling van die lisensiefooi om die program te mag gebruik indien Software Farm (Edms) Bpk. nie ‘n media (fisiese disket/CD) kan voorsien wat foutloos is en voldoen aan hierdie waarborg nie.

Onder geen omstandighede sal Software Farm (Edms) Bpk., of enige van sy handelaars of agente aanspreeklik wees vir enige skade wat ook al, insluitende, sonder beperking, skade gely ten opsigte van verlies van wins, staking van besigheid, verlies van data of inligting of enige direkte of indirekte, spesiale, gepaardgaande, of toevallige skade, voortspruitende uit die gebruik, of onvermoë om die program of dokumentasie te gebruik, op enige manier veroorsaak.

Onder geen omstandighede sal Software Farm (Edms) Bpk. se aanspreeklikheid, hoe gegrond ookal, die oorspronklike aankoopwaarde van die lisensie oorskry nie.

U verklaar dat u die ooreenkoms gelees het, dit verstaan en onderneem om u te hou by die terme daarvan.

Verder verklaar u dat hierdie 'n volle inklusiewe ooreenkoms is tussen u en Software Farm (Edms) Bpk, en dat hierdie ooreenkoms alle vorige ooreenkomste vervang, hetsy modelings, geskrewe of enige ander vorm van kommunikasie rakende die inhoud van hierdie ooreenkoms.

Hierdie ooreenkoms kan slegs verander word deur 'n skriftelike ooreenkoms geteken deur Software Farm (Edms) Bpk. en uself.

Installasie

Die installasie moet verkieslik deur 'n gesertifiseerde Software Farm handelaar gedoen word, waar die opstel en opleiding ook gedoen kan word. Die koste hiervan word nie deur Software Farm voorgeskryf nie en is onderhandelbaar tussen u, die gebruiker en die handelaar wat die program aan u voorsien.

Om SimFini suksesvol te installeer het u ten minste die Windows 95 bedryfstelsel nodig.