SimFini
SimFini is ’n Windows-gebaseerde finansiële bestuursprogram vir plase en landbou-ondernemings.
SimFini Oorsig
SimFini bied ’n grootboek, debiteure en krediteure, bateregister, voorraad- en lewendehawetabelle, begrotings en rekonsiliasie in een program. Dit is ontwerp vir gebruikers wat ’n tradisionele rekenaarprogram verkies om plaas- en kleinbesigheidsfinansies oor tyd te bestuur.
Kernfunksies
- Volledige grootboek met inkomste-, uitgawe-, bate- en lasterekeninge.
- Debiteure- en krediteurebestuur met fakture, kwitansies en verouderdomsontleding.
- Finasiële, bestuurs- en belasting bateregisters met depresiasie en basiese bate ontleding.
- Voorraadbeheer, insluitend vervaardiging om bestaande voorraaditems na ’n nuwe voorraaditem om te skakel.
- Lewendehawetabelle om aankope, verkope, geboortes, sterftes en ander bewegings aan te teken.
- Begrotings vir tot vyf jaar op ondernemingsvlak en detail begroting to en met vertakkingsvlak.
- Rekonsiliasie van bankrekeninge, kredietkaarte, debiteure en krediteure.
- Openingsbalanse vir grootboek, debiteure, krediteure, bates en voorraad.
- Rugsteun na plaaslike hardeskyf, USB-toestelle of netwerkliggings.
Opsionele Modules
SimFini ondersteun opsionele modules wat teen ’n ekstra koste bygevoeg kan word.
Transaksie-invoere
Voer elektroniese data in, soos maandelikse krediteurrekeninge en transaksies van ondersteunde koöperasies en stelsels, in SimFini in eerder as om dit met die hand vas te lê.
Data-unie
Voeg data van verskeie datastelle (besighede) saam in een datastel vir verslagdoening oor ’n 12 maande tydperk.
Verkooppunt (POS)
Verkooppunt (POS) is ’n afsonderlike program wat slegs saam met SimFini gebruik kan word. Verkope en betalings word elektronies tussen POS en SimFini oorgedra.
Lisensiëring en Opsies
SimFini word verskaf teen ’n eenmalige programkoste, plus ’n jaarlikse lisensiefooi wat dien as ’n koste-effektiewe oplossing vir voortdurende ondersteuning en opgraderings. ’n Enkel jaarlikse lisensiefooie dek al die Software Farm programme wat deur dieselfde kliënt gebruik word.
Standaardlisensie sluit in
’n Standaard SimFini-lisensie sluit 1 netwerkpunt en 2 datastelle in.
Bykomende opsies
Bykomende datastelle, ekstra netwerkpunte en opsionele modules (Transaksie-invoere, Data-unie, Verkooppunt) is beskikbaar teen ’n ekstra eenmalige koste. Pryse verskil per produk.
Stelsel- en Tegniese Besonderhede
SimFini is ’n Microsoft Windows-program wat data in plaaslike datastelle stoor. Gereelde rugsteun word sterk aanbeveel, veral voordat periodes afgesluit of opgraderings geïnstalleer word. Addisionele netwerkpunte en datastelle moet aangekoop, geregistreer en gelisensieer word.
Minimum
- Windows 10 (64-bit)
- 1.5–2 GHz SVE
- 4 GB RAM
- 1 GB vry hardeskyfspasie
- LAN-verbinding (vir meervoudige gebruikersomgewings)
Aanbeveel
- Windows 11
- 8 GB RAM
- SSD-berging
- Gigabit LAN
Laai SimFini af
Indien u oor ’n geldige lisensie beskik, kan u die nuutste weergawe van SimFini installeer of opgradeer. Maak altyd eers ’n rugsteun voordat u ’n opgradering installeer.
Ondersteuning en Opleiding
Ondersteuning en opleiding is nie by die eenmalige programkoste ingesluit nie. Telefoon- en e-posondersteuning is beskikbaar vir kliënte met ’n geldige jaarlikse lisensiefooi, en opleiding kan volgens ooreenkoms met Software Farm of geselekteerde handelaars gereël word.